Check nearby libraries
Buy this book
Ingi Friedländer, 'n jong gefrustreerde kustenaar wat by 'n kunsmuseum in Kaapstad werk, word gestuur om 'n gesogde beeldhouwerk op die dorpie Tallejare aan die rand van die Moordenaarskaroo te probeer koop.
Tydens haar verblyf word sy geboei deur stories uit die verlede; stories oor water wat opdraand loop, oor fabelagtige rykdom uit volstruisvere, en oor Goudseput, waar die verdwene Kruger-ponde glo begrawe lê. Sy ontrafel ook meer as een liefdesgeskiedenis, soos dié van die flambojante Meerlust Bergh en sy beeldskone Indonesiese prinses, en die hartseer verhaal van Mario Salviati en die onaansienlike Edit Aanda met haar wondermooi sangstem.
Ingi self raak bevriend met die kunstenaar Jonty Jack, wat soos 'n kluisenaar in die berg woon. Sy ervaar ook 'n diep aangetrokkenheid tot die doofstom Mario Salviati, die Italiaanse klipsnyer wat 'n groot geheim met hom saamdra.
Die Swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van Italiaanse krygsgevangenisse in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika. Dis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hul andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en bevryding.
Van Heerden (2006:Agterblad)
(VAN HEERDEN, E. 2006. Die Swye van Mario Salviati. Kaapstad: Tafelberg. 408 p.)
Check nearby libraries
Buy this book
Showing 1 featured edition. View all 1 editions?
Edition | Availability |
---|---|
1
Die swye van Mario Salviati: 'n roman
2000, Tafelberg, Tafelberg - Uitgewers Bpk
in Afrikaans
- 1e uitgawe.
0624037835 9780624037835
|
aaaa
Libraries near you:
WorldCat
|
Book Details
Edition Notes
Classifications
The Physical Object
ID Numbers
Community Reviews (0)
Feedback?February 10, 2023 | Edited by ImportBot | import existing book |
November 25, 2010 | Edited by 41.145.117.122 | Edited without comment. |
August 14, 2010 | Edited by WorkBot | merge works |
December 9, 2009 | Created by WorkBot | add works page |